| Modulekode | SEC 879 |
| Kwalifikasie | Nagraads |
| Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
| Module-inhoud | Nasionale veiligheid is nou verbonde aan bedreigingspersepsie en bedreigingsanalise is weer afhanklik van goeie strategiese intelligensie. Aandag word geskenk aan die kontemporêre teorie en praktyk soverre dit strategiese inteliigensie betref; vraagstukke oor beleid oor, agentskappe vir en beheer oor die intelligensieproses; en die huidige prosesse, fokus, waarde en aanwending van strategiese intelligensie in 'n veranderende wêreld. Strategiese vooruitskouing (met inbegrip van risiko-analise en scenario-konstruksie) word aan bedreigingspersepsie en nasionale veiligheid gekoppel in die mate dat dit 'n belangrike komponent an toekomsbeplanning vorm - derhalwe die studie van die aard, tegnieke, metodiek, en gebruik van strategiese voruitskouing in die veiligheidsomgewing. |
| Modulekrediete | 30.00 |
| Programme | |
| Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
| Kontaktyd | 1 lesing per week |
| Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
| Akademiese organisasie | Politieke Wetenskappe |
| Aanbiedingstydperk | Semester 1 of Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App